Paarl post , Netwerk 24, Arts & Entertainment, 04.12.20, “Sanger sing onder sterre ” In Afrikaans: - 04 Desember 2020 - Die internasionale sanger Ike Moriz, bekend vir sy vermoë om moeiteloos tussen musikale genres te wissel, tree op 12 Desember om 19:30 in die Grande Rocheamfiteater in die Paarl op. Ike, wat die afgelope vyf jaar as een van die topvyf sangers in Suid-Afrika aangewys is, is plaaslik sowel as in die buiteland bekend. Hy het al in 20 lande getoer, mees onlangs in Duitsland met sy uitverkoopte Millennium Hits Tour 2019. Die sanger en akteur sal begelei word deur die bekende Ike Moriz Swing Band, en vir die eerste keer sal hulle saam met die leerders van die Hoër Meisieskool Paarl optree, gelei deur die tjellis en hoof van kunste, Anjulie Nock. Die Ike Moriz Swing Band bestaan uit van die mees bekwame musikante in Suid-Afrika: Willie van Zyl op saksofoon en klarinet, Andrew Ford op klavier, Wesley Rustin op kontrabas en Ivan Bell op tromme. Hulle het saam liedjies
Comments
Post a Comment