Posts

Showing posts from April, 2006

Clarissa Grobler, "Volksblad / Jip", Bloemfontein, South Africa, 03.04.2006: “Ike Moriz - Musiek vir die ore" (in Afrikaans language)

Image
Clarissa Grobler, "Volksblad / Jip", Bloemfontein, South Africa, 03.04.2006: “Ike Moriz - Musiek vir die ore" WANNEER ’n musiekmaker al met die legendariese David Bowie vergelyk is, weet jy dié man is nie sommer ’n hierjy in die bedryf nie. Veral as jy, nadat jy sy CD ’n ronde deur jou CD-speler laat gly het, kop knik en sê: “Is ja.” Ike Moriz is akteur, musiekmaker en het ’n nuwe CD, Play Me, waarvan die musiek ’n edge het wat jou hoendervel gee. Genuine. En as jy my vra, sommige musiekmakers groen van jaloesie kan maak. CLARISSA GROBLER het meer uitgevind oor Ike se loopbaan, passies en toekomsplanne. Jou musiek is al vergelyk met dié van kunstenaars soos Pulp, Suede en David Bowie. Hoe sou jy jou musiek beskryf? My liedjies is uniek, nogal dramaties en teatraal. Hulle het baie ritme en sterk melodieë, hoewel die musiek ’n slight edge het, en allerhande gevoelens na vore bring. Jy het onlangs jou tweede ateljee-album, Play Me, uitgereik. Hoe verskil dit van Mirrors and