Clarissa Grobler, "Volksblad / Jip", Bloemfontein, South Africa, 03.04.2006: “Ike Moriz - Musiek vir die ore" (in Afrikaans language)

Clarissa Grobler, "Volksblad / Jip", Bloemfontein, South Africa, 03.04.2006: “Ike Moriz - Musiek vir die ore"

Clarissa Grobler Volksblad Jip Bloemfontein South Africa 3 April 2006 Ike Moriz - Musiek vir die ore

WANNEER ’n musiekmaker al met die legendariese David Bowie vergelyk is, weet jy dié man is nie sommer ’n hierjy in die bedryf nie. Veral as jy, nadat jy sy CD ’n ronde deur jou CD-speler laat gly het, kop knik en sê: “Is ja.” Ike Moriz is akteur, musiekmaker en het ’n nuwe CD, Play Me, waarvan die musiek ’n edge het wat jou hoendervel gee. Genuine. En as jy my vra, sommige musiekmakers groen van jaloesie kan maak. CLARISSA GROBLER het meer uitgevind oor Ike se loopbaan, passies en toekomsplanne.

Jou musiek is al vergelyk met dié van kunstenaars soos Pulp, Suede en David Bowie. Hoe sou jy jou musiek beskryf?

My liedjies is uniek, nogal dramaties en teatraal. Hulle het baie ritme en sterk melodieë, hoewel die musiek ’n slight edge het, en allerhande gevoelens na vore bring.

Jy het onlangs jou tweede ateljee-album, Play Me, uitgereik. Hoe verskil dit van Mirrors and Shade?

Play Me is verlede jaar geskryf en opgeneem binne ’n kort tyd, terwyl Mirrors and Shade oor meer as vier jaar ontwikkel het.

Dit is baie meer upbeat, driven en sexy as my debuut-album, want dit weerspieël intense veranderinge in my persoonlike lewe: Dit gaan alles oor terugtrek na Suid-Afrika, life on the road en die verbreek van bande met Londen, terwyl van die vorige liedjies my lewe in Engeland beskryf nadat ek my studie voltooi het.

Jy skryf en komponeer ook jou eie musiek. Wat inspireer jou? Verkies jy sekere musiekstyle – soos meer rock-edged of meer van ’n ballade-gevoel?

Die dinge wat my emosioneel die meeste inspireer, is die grootste inspirasie vir my liedjies. Hulle weerspieël sterk die manier waarop ek die wêreld rondom my ervaar.

Onlangs het ek baie geïnspireerd geraak om meer upbeat materiaal te skryf, omdat dit gevoelens nog sterker kan oordra.

Ek het dit voorheen baie makliker en bevredigend ervaar om baie stadige en dramatiese liedjies te skryf, maar dit het in die afgelope jaar baie verander.

Deesdae kan ek oor enige musiekstyl hartstogtelik voel.

Wat is so ver jou gunsteling-liedjie wat jy geskryf het?

Dit verander elke week . . . maar ek het nogal ’n obsessie met Light is dark na dese gehad. Vir my vat dié liedjie die tweeledigheid van die lewe perfek saam, ’n onderwerp wat dit op ’n manier reg kry om by die meeste van my liedjies in te sluip.

Tog, Still van my vorige album is ook al lank ’n gunsteling.

Jy het in 1999 na Londen getrek. Wat het jy die meeste van Suid-Afrika gemis?

Die ongelooflike klimaat en natuur – veral vir oggendstappies na die berge. Ek is beslis vir ’n ruk nou terug in Suid-Afrika.

Beste gig wat jy al ooit gehad het?

Amsterdam in die somer van 2004 was ’n hoogtepunt!

Jy het ook kameerolle in Bridget Jones 2 en Alfie gehad. Hoe was dit om op dié fliekstelle te werk?

Ons het baie lang ure gewerk – partykeer tot 17 uur per dag om 30 sekondes van die eintlike fliek te skep.

Ek het veral Alfie geniet, waarin ek ’n kroegman gespeel het en die groepe ekstras op stel by ’n Nuwejaarspartytoneel wat in Londen/Canada Water verfilm was, moes cheer.

Dit is in ’n mate tog ontnugterend om op fliekstelle te werk. Die finale fliek stem min ooreen met wat in baie dae verfilm is. Tonele word herhaaldelik verfilm uit allerhande hoeke en die akteurs moet dieselfde ding oor en oor speel.

Dit was baie anders as my ervaring as teater- en musiekbly?spelakteur waar jy net een “take” op die verhoog het.

Ek het klein rolle in amper elke Britse sepie gehad en ontelbare Britse en Amerikaanse hoofprente. Ek is mal oor flieks, maar nadat ek agter die skerms gesien het wat aangaan, het die betowering van flieks nogal vir my verdwyn.

Ek geniet wel werk as akteur en kunstenaar, en ek het dit ook baie geniet om musiekvideo’s te doen.

Wat is jou toekomsplanne loopbaan– en toergewys?

My onmiddellike planne is om nog twee musiekvideo’s in Suid-Afrika te verfilm, dan die album in Johannesburg te launch, en om deur die land te toer.

Daarna gaan ek my volgende album in Londen of dalk selfs Kaapstad opneem en ’n klein toer aan die einde van die jaar in Europa doen.

Ek wil ook aanhou toneelspeel, miskien teater, kortprente of produksies in Suid-Afrika.

Meer oor Ike:

Verjaardag: 14 Mei; Gunsteling-kos: Soesji; 
Gunsteling-boek: Illusions (Richard Bach); 
Gunsteling-fliek: Underground (Emir Kusturica); 
Gunsteling-musiek: Enige musiek wat my kan inspireer, soos Pleasure Club, The Tears, Snow Patrol a & Richard Wagner; 
Gunsteling-vakansieplek: Namibië; 
Beste gewoonte: Lag baie; 
Beste raad: Do what you’re afraid to do and have faith in the divine energy within yourself.

Comments

Popular posts from this blog

Paarl post, Netwerk 24, Arts & Entertainment, 04.12.20, “Sanger sing onder sterre”

David Bowie, New York, USA, June 2004, review of Ike Moriz's debut album 'Mirrors And Shade' (2004)

Die Burger, Mariana Malan, Cape Town, SA, 03.03.2007: "Elana sing saam met Ike”