Die Burger, Mariana Malan, Cape Town, SA, 03.03.2007: "Elana sing saam met Ike”
Die Burger, Mariana Malan, Cape Town, SA, 03.03.2007: "Elana sing saam met Ike” Die televisiepersoonlikheid Elana Afrika maak môre har debuut as sangeres op die verhoog. Sy tree op as agtergrondsanger vir die bekende sanger Ike Moriz in sy konsert wat in die botaniese tuin Kirstenbosch gehou word. Moriz is pas terug van England, waar sy twee albums "Mirrors & Shade" en "Play Me" baie gewild is. Hy vertel dat hy en Afrika mekaar leer ken het toe sy verlede jaar vir die televisieprogram “Jip” met hom n’ onderhou gevoer het. Later het hul paaie weer gekruis toe albei by ’n partytjie was waar die tydskrif FHM sy "FHM Sexiest Woman In The World 2006 - The Movie” bekend gestel het. Sy lied “Hey, Hey-Hey, Hey” is daarin gebruik. “Ek het gehoor hoe Elana saam met ’n ander lied van my sing, en het gehou van wat ek hoor. Ek het haar toe gevra of sy nie lus het om saam met my op te tree nie. Ons het in der waarheid so goed...