Karin Burger, Kaap-Rapport, Cape Town, SA, 27.11.2005: "Ike Moriz is terug om te bly" (Afrikaans language)
Karin Burger, Kaap-Rapport, Cape Town, SA, 27.11.2005: "Ike Moriz is terug om te bly" (Afrikaans language) KARIN BURGER, Kaapstad "Ek het Kaapstad te veel gemis - ek is nou terug om te bly." Sô gesels die rockmusikant Ike Moriz nadat hy die afgelope vyf en 'n half jaar Londen sy tuiste gemaak het. Hy het in Maart vanjaar Suid-Afrika besoek en net daar besluit hy wil terugkom. Ike is terug Engeland toe, waar hy sy woonstel, motor en ander besittings verkoop het, en op 1 Mei was hy terug in sy geboorteland met net twee tasse. Sy nuwe CD Play me, is onlangs in Kaapstad bekend gestel en tot die einde van die jaar wil hy op Kaapse gehore fokus. "Vroeg volgende jaar sal ek ook 'n CD-bekendstelling in Johannesburg doen, maar vir nou geniet die Moederstad en sy mense voorkeur." Ike sê hy wil ook volgende jaar die pad vat en al die musiekfeeste bywoon. Die musikant is geen onbekende in die internasionale musiekarena nie. Vorige enkelsnitte wat wêreld ...