Karin Burger, Kaap-Rapport, Cape Town, SA, 27.11.2005: "Ike Moriz is terug om te bly" (Afrikaans language)

Karin Burger, Kaap-Rapport, Cape Town, SA, 27.11.2005: "Ike Moriz is terug  om te bly" (Afrikaans language)

KARIN BURGER, Kaapstad

"Ek het Kaapstad te veel gemis - ek is nou terug om te bly." Sô gesels die rockmusikant Ike Moriz nadat hy die afgelope vyf en 'n half jaar Londen sy tuiste gemaak het. Hy het in Maart vanjaar Suid-Afrika besoek en net daar besluit hy wil terugkom. Ike is terug Engeland toe, waar hy sy woonstel, motor en ander besittings verkoop het, en op 1 Mei was hy terug in sy geboorteland met net twee tasse. 

Sy nuwe CD Play me, is onlangs in Kaapstad bekend gestel en tot die einde van die jaar wil hy op Kaapse gehore fokus. "Vroeg volgende jaar sal ek ook 'n CD-bekendstelling in Johannesburg doen, maar vir nou geniet die Moederstad en sy mense voorkeur."

Ike sê hy wil ook volgende jaar die pad vat en al die musiekfeeste bywoon. Die musikant is geen onbekende in die internasionale musiekarena nie. Vorige enkelsnitte wat wêreld wyd die toptrefferlyste gehaal het, sluit in "Fall into the sun" en "You could”.

Nie net was die twee liedjies plaaslike treffers nie, maar dit het ook met top-posisies gespog op Matchbox Radio 24 Chart en Halo Radio in Nederland. Boonop het musieklegende David Bowie "You could" as sy "Liedjie van die week" in 2004 benoem. 

Ike se liedjies word wêreldwyd op meer as 100 radiostasies in nie minder nie as 17 lande gespeel. Sy nuwe album, wat in Londen opgeneem is, kry ook lofsange van mede-kunstenaars. "Dié album was beslis die wag werd en bied die luisteraar ’  dekadente, emosionele, dramatiese en amper teatrale wêreld - alles in een," sê Dale Olivier van Matchbox 24. 

Ike sê hy besef hy sal weer moet teruggaan Londen toe, want hy het al 'n goeie verstandhouding met kunstenaars daar opgebou en sal hulle weer wil gebruik met die vervaardiging van sy volgende album. Ná 'n afwesigheid van amper ses jaar aan die plaaslike musiekfront is hy baie opgewonde oor nuwe groepe wat die laaste tyd verrys het. "Ek word steeds aangenaam verras as ek die radio aanskakel en elke keer nuwe musiekgroepe hoor. "Toe ek die land verlaat het, was die plaaslike musiek nie op peil met die res van die wêreld nie, maar nou kan ons enige dag meeding met die internasionale mark." Hy sê ook die kompetisie onder plaaslike kunstenaars is nou so sterk dat niemand meer swak musiek kan maak en dan daarmee kan wegkom nie. Just Jinger bly een van sy gunstelinge. Ike is nie net sanger nie, maar het ook al sy lyf akteur gehou in rolprente - as ’n kroegman in Alfie, 'n pianis in Bridget Jones: The edge of reason en 'n joernalis in Love Actually.

Karin Burger Kaap-Rapport Cape Town South Africa 27 November 2005 Ike Moriz is terug om te bly

TERUG IN DIE SON: Ike Moriz sê hy het Suid-Afrika te veel gemis en het nou Seepunt sy huis gemaak. Foto: NASIEF MANIE

Comments

Popular posts from this blog

Paarl post, Netwerk 24, Arts & Entertainment, 04.12.20, “Sanger sing onder sterre”

David Bowie, New York, USA, June 2004, review of Ike Moriz's debut album 'Mirrors And Shade' (2004)

Tony Dee, ZAzone.com, Cape Town, SA, 16.9.2005, Ike Moriz - Play Me album review