Paarl post, Netwerk 24, Arts & Entertainment, 04.12.20, “Sanger sing onder sterre”

 Paarl post, Netwerk 24, Arts & Entertainment, 04.12.20, “Sanger sing onder sterre

In Afrikaans: - 04 Desember 2020 - Die internasionale sanger Ike Moriz, bekend vir sy vermoë om moeiteloos tussen musikale genres te wissel, tree op 12 Desember om 19:30 in die Grande Rocheamfiteater in die Paarl op.

Ike, wat die afgelope vyf jaar as een van die topvyf sangers in Suid-Afrika aangewys is, is plaaslik sowel as in die buiteland bekend. Hy het al in 20 lande getoer, mees onlangs in Duitsland met sy uitverkoopte Millennium Hits Tour 2019.

Die sanger en akteur sal begelei word deur die bekende Ike Moriz Swing Band, en vir die eerste keer sal hulle saam met die leerders van die Hoër Meisieskool Paarl optree, gelei deur die tjellis en hoof van kunste, Anjulie Nock. Die Ike Moriz Swing Band bestaan uit van die mees bekwame musikante in Suid-Afrika: Willie van Zyl op saksofoon en klarinet, Andrew Ford op klavier, Wesley Rustin op kontrabas en Ivan Bell op tromme. Hulle het saam liedjies van die gewilde swing- en popgenres gekies om 'n onvergeetlike aand aan te bied. Dit sluit in treffers soos Dean Martin se "Sway", John Lennon se "Imagine", Frank Sinatra se "New York New York" en Moriz se "Love Swings" en "To Cape Town". Asof dit nie genoeg is om jou in 'n feestelike stemming te plaas nie, sal konsertgangers die sjef Niel van Zyl se fynproewerskos sowel as plaaslike Under Oaks-wyne by kos- en wynstalletjies vooraf kan geniet van 18:00 (kredietkaartfasiliteite beskikbaar).

Geen voorafbespreekte sitplekke (op kussings). Beperkte kaartjies is beskikbaar by Quicket teen R200. Geen kinders jonger as 13 jaar. Maskers is verpligtend.





In English: International singer Ike Moriz, known for his ability to seamlessly switch between musical genres, will perform at the Grande Roche Amphitheatre in Paarl on 12 December at 19:30.

Ike, who has been named one of the top five singers in South Africa for the past five years, is known locally as well as abroad. He has toured in 20 countries, most recently in Germany with his sold-out Millennium Hits Tour 2019. The singer and actor will be accompanied by the well-known Ike Moriz Swing Band, and for the first time, they will perform with the learners of Paarl Girls' High School, led by the cellist and head of arts, Anjulie Nock. The Ike Moriz Swing Band consists of some of the most talented musicians in South Africa: Willie van Zyl on saxophone and clarinet, Andrew Ford on piano, Wesley Rustin on double bass and Ivan Bell on drums. Together they selected songs from the popular swing and pop genres to present an unforgettable evening. These include hits such as Dean Martin's "Sway", John Lennon's "Imagine", Frank Sinatra's "New York New York" and Moriz's "Love Swings" and "To Cape Town". As if that's not enough to put you in a festive mood, concert-goers will be able to enjoy Chef Niel van Zyl's gourmet food as well as local Under Oaks wines at food and wine stalls in advance from 18:00 (credit card facilities available). No pre-booked seats (on pillows). Limited tickets are available at Quicket at R200. No children under 13 years. Masks are mandatory.

Comments

Popular posts from this blog

David Bowie, New York, USA, June 2004, review of Ike Moriz's debut album 'Mirrors And Shade' (2004)

Dale Olivier, Matchbox Radio24, London, UK, May 2004, review of Ike Moriz's debut album 'Mirrors And Shade' (2004)